Read Thula-thula (afr) Online

Authors: Annelie Botes

Thula-thula (afr) (33 page)

BOOK: Thula-thula (afr)
6.35Mb size Format: txt, pdf, ePub
ads

naby is nie, sluip sy uit en skeur die plastiek oor die glasbak op die kombuistafel. Gryp van die varkrol en

souttertblokkies; draai dit toe in ’n afdrooglap. Uit by die agterdeur. Tot agter die sementdam. Hurk, pie.

Vee haar af met die tartanrok se mou. Vou die lap oop en bid. Liewe Jesus, ek is ’n kindjie klein, maak

my hartjie rein. Amen. Toe eet sy al die vleis op en begrawe die afdrooglap.

Eers toe die laaste kar laatmiddag weg is en dit te koud raak, is sy binnetoe. Al wou sy nie. Mens kan

nie vir altyd buite bly soos ’n skaap of ’n koei nie.

Ek skaam my vir jou voor die mense, Gertruida, sê haar ma, jy is aspris en koppig. En jy het die vleis

deurmekaar gekrap.

Toe steek sy haar tong vir haar ma uit, sonder om haar lippe oop te maak.

Tot skemer het haar ma by Anthonie se graf gesit. Teruggekom met dik gehuilde oë en migraine. Drink

kopseerpille, trek haar pajamas aan en sê sy gaan slaap tot dit oggend is. Gertruida moet maar self bad, en

van die middagkos eet.

Sy trek haar tartanrokkie uit en trek haar flenniepajamas aan. Die bed is snoesig. Haar kop pas lekker

in die kussing. Klaasvakie dra haar weg, weg, weg.

Toe grom die pappabeer voor haar bed. Jy is ’n stout dogtertjie, sê hy, want wanneer jy moet sing,

hardloop jy weg. Trek jou pajamabroek uit! Nóú sal jy sing!

Ouma Strydom se spieëlkas is die verhoog. Die pappabeer tel haar tot op die verhoog. “Draai jou

gesig na die spieël toe,” sê hy, “en staan wydsbeen. Só,” en hy vat haar aan haar enkels en plant haar

voete voor die swaaispieëls.

Dis koud; sy is nog vaak en verlang na haar flennielakens. Sy wil nie konsert hou nie. Dit lyk snaaks as

die houtlepel se ronde punt soos ’n skilpadkop van agter tussen haar bene deurkom.

“Sing die hop-hop-liedjie,” sê die pappabeer.

Sy kan nie sing as sy vaak is nie. Sy wil nie in die spieël kyk nie. Dit voel soos sonde, al sê die

pappabeer dis nie sonde nie. Sy voorvoet is warm en sag. Hy vryf haar liggies tot haar tieties in bruin

korente verander. Later lê hy op sy rug op die bababeer se bed. Gee my ’n beendrukkie, sê hy. Sy sit op sy

bors met haar bene om sy nek en sing die hophop-liedjie oor en oor.

Ho, ho, ho!

So my perdjie so!

Ons eet nou eers gou ’n stukkie …

Die pappabeer sê hy is honger vir paddavleis.

Sy is van mensvleis gemaak, nie van paddavleis nie. Sy wil nie die perdjie wees nie. Sy wil nie hê dat

die pappabeer sy slurp by haar pietermuis probeer indruk nie. Haar kop is soos ’n leë swaelnessie

waarvan die modderstukkies afval. Tonneltjies, tonneltjies. Doringrosie wil in die moddertonneltjies

wegkruip, maar sy is te groot om in te kom.

Die slurp druk hard. En toe verander die konsert in die seerste konsert wat sy nog ooit gehou het.

“So ja,” sê die pappabeer, “nou het jy ook towersalf in jou maag.”

Hy vee sy natblink slurp met haar duvet af. Toe hy uitloop, en die deur toemaak, loop die effense wit

towersalf teen haar bene af. Sy haal haar tartanrokkie uit die wasgoedmandjie en vee die wit goed van

haar binnebene af. Trek haar pajamabroek aan. Die kussing is sag. Sy huil haarself aan die slaap.

In haar slaap brand dit waar die slurp haar geskeur het.

Lig die Steinway se deksel op, druk ’n basklawer; luister na die eggo. En sy besluit: sy wil alles in die

vertrek aan die biblioteek se Africana-kamer skenk. Dit was Mister Williston se droom om die dooie

vertrek te omskep in ’n lokaal waar die dorpsmense kultureel en intellektueel gevoed kan word.

“As die dorpsmense kultureel gevoed word,” het hy gesê, “sal hulle mekaar minder afkraak en ophou

om so sensasiebelustig te wees.” Hy het die datumstempel gestel en ink op die inkkussinkie gedrup.

“Plattelandse dorpies, Gertruida, kan deurspek wees van nyd en tweedrag en kliekvorming. Oor die eeue

heen was dit nog altyd die taak van die kunste om kalmte en rigting te bring.”

Nadat die opspraakwekkende ding in graad elf met Andrea gebeur het, het hy ’n plan by die

munisipaliteit ingedien om die Africana-kamer te omskep in ’n kultuurkerk, soos hy dit genoem het.

Aandkonserte, leeskringfunksies, poësievoorlesings, skildery-uitstallings. Dis krities vir die dorp se

behoud, het hy gesê.

Afgekeur deur die dorpsvaders.

Die kiaathouttafel met die lap uit Israel sal ’n perfekte middelpunt wees. Die swart Steinway sal

glimmer in kerslig. Mister Williston sou daarvan gehou het.

Daar is net enkele goed wat sy verwyder.

Haar en Anthonie se doopbekers van Sheffield-silwer. Naam en geboortedatum daarop gegraveer. Sit

dit op die potystertafel. Miskien sit sy die pot met blou vergeet-mynietjies op die toegekrapte graf neer.

Haar ma het gesê vergeet-my-nietjies staan vir “remembrance”.

Kap Abel se brandewynglas stukkend teen die trappilaar. Smyt sy servetring en die voorsnymes en -

vurk waarmee sy hande Sondae die vleis gekerf het, deur die skuim op die laventelbos. Toe gaan haal sy

die majestueuse hoofstoel met die riempiesitplek waarop hy Sondae gesit het wanneer hy die tafelgebed

gesê het. Sit dit op die gras agter Ouma Strydom se spieëlkas. Waenhuis toe vir die byl. Begin die stoel

uitmekaarkap. Vieslike voorgee-Christen! Kap besete tot die stoel net spaanders en flenter riempies is.

Tot daar geen vloek oorbly wat sy nóg oor sy siel kan uitspreek nie.

My guilts are what

we catalogue.

I’ll take a knife

and chop up frog.

Kap die byl in die spieëlkas vas, waar haar linkervoetjie was die dag van die skeurkonsert. Rus by die

watertenk. Drink water. Vee die sweet van haar voorkop met die wit sweetpakmou. Die bekende

kombinasie van sit om te rus, water drink, sweet afvee, ruk haar weg na ’n tyd waarheen sy nooit wil

teruggaan nie. Die tyd toe Braham en tennis haar alfa en omega was.

Die graadelfs doen semantiek. Die sinoniem is maskertaal. Maskertaal, maskertaal, sing haar kop.

Soos kleintyd toe hulle teruggekom het van Hermanus af, en krys-krys-krys vir lank nie wou weggaan uit

haar kop nie.

Dis versengend in die Afrikaansklas. Die son skyn op haar bank. Dwarrelstoffies in die sonligstrale.

As sy net haar trui en baadjie kon uittrek. Maar haar skoolrok se rits kán nie meer toe nie.

Gertruida dra die trui regdeur die dag.

Vroeër die week toe hulle met maskertaal begin het, het Braham uit die handboek met ’n kinderrympie

gedemonstreer dat daar ’n verskil kan wees tussen wat gesê word, en wat werklik bedoel word.

Ou jakkals nooi vir gansie:

“Kom eet vanaand by my;

Daar’s heerlike ou kossies

en uintjies uit die vlei.”

“Nee dankie,” sê die gansie,

“al staan jy op jou kop,

as ek by jou kom eet,

vreet jy my sekerlik op!”

Die nag het sy gedroom sy kyk hoe ’n seegansie by Hermanus wegduik en opkom. Haar voete suig in die

sand vas. Ineens staan sy op Kiepersolkloof se stoepmuur. Oupa Strydom sit op die rottangstoel. Anthonie

bring die blokkieskombers en haar pa gooi dit oor Oupa Strydom se bene en begin hom mieliepap voer.

Oupa Strydom sê die pap is te sout. Hulle baklei. Die papbak breek op die stoep. Sy raak bang. Toe klap

sy hande en sê sy gaan vir hulle opsê van Jakkals en Gansie.

Niemand luister na haar nie.

Toe sê Oupa Strydom haar ma moet sy koffer inpak, hy wil teruggaan ouetehuis toe. Want

Kiepersolkloof is ’n sirkus. Opgewonde het sy na Anthonie toe gehardloop om te sê van die sirkus wat

Kiepersolkloof toe kom. Toe sê hy: Jy droom, Gertruida …

Wanneer is ’n droom ’n droom? En wanneer is dit ’n verborge herinnering?

Krys-krys-krys.

Jy droom, Gertruida …

As sy kon glo ’n sirkus kom Kiepersolkloof toe, en ’n helder beeld het van die Nederlandse boerin wat

wáárlik op pad dorp toe is met ’n mandjie kaas, kan sy haar baie ander dinge verbeel. Dinge wat nooit

bestaan het nie.

Jy droom, Gertruida …

Nee, sy droom nie.

Dit hét bestaan.

Die handboek lê oop by bladsy 111. Sy dink aan krieket en die getal 111. ’n Nelson. Telling waarop

kolwers hulle waaksaamheid opskerp, want menige kolwer het al ’n paaltjie verloor op 111. Sy omkring

die 111, oor en oor. Dink aan die dag toe Mister Williston vir haar vertel het dat Lord Nelson dood is

tydens die slag van Trafalgar, waarin geveg is teen die Napoleonmagte. Hy het net een oog, een arm en

een been gehad. Daarom word 111 ’n Nelson genoem.

Sy moet háár waaksaamheid opskerp. Almal moet dink dis oor ’n skouerbesering dat sy haar

sweetpakbaadjie aanhou terwyl sy tennis speel. Dís waarom sy nie LO doen nie, en wintertyd nie mag

netbal speel nie. Sukkel om haar eerste plek in die tennisspan te hou. Binnekort sal sy moet ophou speel.

Sy is klaar platvoetig; moet op krag en tegniek steun.

Herstellende skouerbesering.

Uitstekende verskoning.

“Homonieme,” sê Braham, “is woorde wat dieselfde gespel en uitgespreek word, maar die betekenis

en oorsprong verskil totaal …”

Sy weet wat is homonieme, sy hoef nie te luister nie. Sy skryf in potlood in die oop spasies op bladsy

111 sinlose frases wat sy bou uit die letters van
maskertaal
.

Ek sal met alles skerm, keer as … Arme Ma sal mal raak as ek kraam … Kraam kaal met allerlaaste

asem … As ek alles saamtel …

As sy veertig weke aantel vanaf haar laaste menstruasie, toe die eeu in die kliphuis gedraai het, moet

die kind die sesde Oktober gebore word. Dit beteken sy is twaalf weke swanger. Dit help nie sy hardloop

om die rugbyveld, of spring na ligte-uit tien keer van haar koshuiskas af nie.

Dragtige treurige Gertruida dra die eier uit die gedierte.

Sedert middel Februarie voel sy miserabel. Eet byna niks. Benerige skouerknoppe, puntige heupbene.

Gertruida, die uitgeteerde graat. Die tragedie treur Gertruida erg uit.
As sy soggens badkamer toe

gaan, moet sy aan die muur vashou om nie flou te word nie. Sweet wat uit haar hare loop; dooie gevoel

om haar lippe. Walg vir die brekfis-oatspap. As sy ná skool by die koshuis kom, maak die stank van

opgekookte kool haar lighoofdig.
Die geur uit die deur du Gertruida agteruit.

Daar is net een plan: swyg. As sy dit nie langer kan wegsteek nie, gaan sy by ’n krans afspring.

“Almal van ons dra maskers,” sê Braham terwyl hy op die bord skryf. “Niemand wil ontmasker word

nie. Maar die een of ander tyd kraak ons maskers …”

Binnekort gaan sy ontmasker word. Niemand sal haar glo as sy sê dis Abel Strydom se kind nie.

Wanneer sal mens kan sien sy is swanger? Mei? Dan raak dit winter; sy kan haar parkabaadjie dra;

studietye ’n kombers om haar draai; ’n skoolserp voor haar lyf hang. Só staan dat sy nie van die kant

bekyk kan word nie.

Uitgeteerde Gertruida draai eerder die rug.

Wegsteek tot die Junievakansie. Om nog bietjie by Braham in die klas te sit en op die tennisbaan by

hom te wees. Dán van die krans afspring.

“Gertruida?” Ruk hede toe. “Kan jy vir ons sê …?”

Haar oog vang die sin op die bord: Elkeen is ’n maan en het ’n donker kant wat hy nooit aan

enigiemand wys nie.

“Dis bo-aan bladsy 111 …” Stotterend. “Mark Twain het dit gesê …”

Iemand proes. Nog iemand. Mens kom nooit los van jou skaduwee nie.
Jy kan my nie vang nie … Jy

kan tog nie stry nie … Jy is baie dom …

Braham wéét sy is slim. “Ons kom nou-nou terug na die vraag. Kom ons hoor eers wie in die klas weet

wie was Mark Twain.”

Die geproes stop. Niemand weet nie. Sy steek haar hand op.

“Hy was ’n Amerikaanse skrywer, Meneer.” Stotterloos.

“Sy bekendste werke is
Adventures of Huckleberry Finn
en
The Adventures of Tom Sawyer
. Albei

boeke is in die dorpsbiblioteek, ek het albei gelees …”

Verstomming in die klas. En op Braham se gesig.

Dankie, Mister Williston, dankie.

“Dít,” en hy draai na die klas, “is wat ek belesenheid noem. Puik, Gertruida. Kan jy vir ons sê vir

watter woorde in die aanhaling op die bord bestaan daar homonieme?”

Sy weet. Maar duiseligheid en kouekoors oorval haar. Die braak stoot onbeheers in haar keel op.

Sonder om te antwoord, storm sy uit in die gang. Hardloop. Haal nie die badkamer nie; braak deur die

gangvenster. Net slym in haar maag. Weer en weer. Kom regop, soek ’n tissue in haar baadjiesak.

“Hier, Gertruida.” Hy staan agter haar, hou sy sakdoek oor haar skouer.

Sy wou nie hê hy moet sien en hoor nie. “Dankie.” Vat die sakdoek, om iéts van hom te besit.

“Wat is fout, Gertruida? Jy’s doodsbleek.”

“Daar’s niks fout nie. Dis ’n warm dag, dis al. Los my net uit.”

“Ek sal die sekretaresse vra om Matrone te bel, gaan eerder koshuis –”

“Ek sê mos los my uit!”

Loop weg. Sit die res van die periode by die vullisblikke. Andrea kom aangeslof.

“Meneer Fourie sê ek moet kom kyk of alles reg is.”

Logge Andrea. Dit lyk of sy nie ’n nek het nie. Sy ruik na sweet. “Alles is reg.”

“Ek wil dringend met jou praat, Gertruida …”

“Ek wil nie nou praat nie.” Netnou wil sy praat oor blaasdefekte.

“Asseblief, Gertruida? Kan ek vanmiddag koshuis toe kom en –?”

“Nee, ek gaan vanmiddag dokter toe vir ’n Voltareninspuiting in my skouer.”

“Ek móét met jou praat. Wanneer kan ek kom?”

“Liewer glad nie, Andrea.”

Toe die pouseklok lui, ontsnap sy aan die logge walvis se sweetreuk. Koshuis toe, om die kotssmaak

BOOK: Thula-thula (afr)
6.35Mb size Format: txt, pdf, ePub
ads

Other books

Little Labors by Rivka Galchen
Salvaged (MC Romance) by Winters, Brook
Divine Madness by Robert Muchamore
The Cider House Rules by John Irving
The Sweet Wife by Charles Arnold